Vandag moes ek myself HARD oor my eie vingers tik….. Ek hou nogal van preek en gewoonlik as ek preek, preek ek vir myself. Ek het vandag die tolhek gebruik en moes toe heeltemal teen my wil en teen al my beginsels daai vertraagde tolgeld betaal – SO ek was al klaar in `n krul getrek en sommer lus om iemand `n klap te gee. Sal daar nou langs my `n tolhokkie heeltemal oop wees en die karre jaag teen `n snot spoed daar deur FOR FREE, MAHALA, VERNIET? En om daai kersie op die koek te sit – staan 2 van die tolhek werknemers en “chitty chat” by die oop tolhokkie en waai vir die karre wat verby jaag VERNIET en ek moet betaal! Dit is mos nou nie regverdig nie.
Ek het my venster afgedraai en die twee “getune”: “Eish, Madam it is not working tomorrow you go for free.” Daar het ek my toets totaal en al gedop! Ek was woedend. Ek wat die hele tyd vir my kinders preek:”Moenie na ander mense kyk nie. Kyk na jouself! Sorg jy net dat jy die regte ding doen en los die ander mense uit.”
Ek het mos die gewoonte om met myself te praat as ek ontsteld is. En as jy nog in die kar ry is dit eers lekker. Nou nie dat ek vanoggend as praat klassifiseer nie. In my gedagtes dink ek, ek moes foto`s van die 2 kamstige werknemers geneem het. Hulle gaan rapporteer by hulle baas dat hulle sommer GEFIRE word. En hier voer ek in my kop `n gesprek met die 2 en vertel hulle waar Dawid die wortels begrawe het. (`n Mens weet mos altyd wat om na die tyd te sê.) Nadat die stoom bietjie afgekoel
het, het ek besef dat ek nou glad nie ge-practice wat ek preach nie!
Sjoe – ek het myself ordentlik uitgetrap! Kon ek nie maar bly gewees het vir die klomp wat `n FREEBIE gekry het nie? Het ek so gou vergeet dat die lewe UNFAIR is? Nadat ek myself herinner het, het ek sommer beter gevoel. Ek was nie meer kwaad nie. En toe besluit ek hierdie moet definitief deel wees van my EERSTE OFFISIELE POST aangesien ek regtig egtig volgens daai motto leef – en dan net so partykeer so bietjie vergeet. (Ek het mos nog nie my EERSTE OFFISIELE POST geskryf nie. Die ding is mos nog êrens in iemand se gat opgedruk….. En hoe kan ek nou `n blog hê sonder jou bekendstellings blog.)
NOW TOTALLY OF THE TOPIC. HIERDIE BLERRIE AUTO CORRECT IS DAREM BAIE IRRITEREND!!
Ek het alreeds in my 2de blog bietjie inligting oor myself en my familie gegee. Ons is maar net `n heel normale familie met sy ups en downs. (Meskien is die feit dat ek `n huisvrou is en dat ons 4x kinders het dalk so bietjie abnormal – maar dis ons normaal.)
Net so klein uittreksel uit my EERSTE OFFISIELE POST om myself bietjie te beskryf… Mos gedink hierdie EERSTE OFFISIELE POST gaan defintief `n Pendoring kry toe sien hy sy gat:
ek is gewoonlik TE…… (Dis seker hoekom my vriendekring so beperk is want ek is TE…. TE.)
ek is TE konserwatief….. ek is TE kontroversieel….. ek is TE “loud”….. Dit is darem TE erg! Hoe kan ek?
Niemand anders doen dit nie…… Wel, dit is nie TE sê as niemand dit nie doen nie – hulle dit nie dink nie. So ek doen partykeer voordat ek TE veel dink anders hoor ek net blah-blah-blah by my mond uit kom. En blah-bah mense irriteer my! Praat en praat maar GEEN resultate nie. ek soek resultate!!
Gaan my “blog” altyd interresant wees? Ha-ha…. I live in the real world and lets face it. `n Huisvrou se lewe is tog somtyds so bietjie vervelig – vir ander mense natuurlik. (My “Super Powers” tree net gou in werking want ek dink al weer wat ander mense dink. Want ek dink mos maar die son skyn uit my kinders se….. en my man is NATUURLIK die beste este in die hele wye wêreld!)
Dit is dit! My EERSTE OFFISIELE POST oor hoekom ek blog en net wie ek dink ek is. (Nogal baie interresant as wat jy van jouself dink hemelsbreed verskil van wat mense se persepsie van jou is.) Ek het darem al 4 comments op al my blogs (sien daar lees darem bietjie meer mense as comment Dit is regtig baie terapeuties is om te blog. Julle moet dit probeer dis goedkoper as `n sielkundige! (Dink partykeer sielkundiges het baaaaiiiieeeeeee meer probleme as ons gewone mense – veral as jy na hulle kinders kyk – Topic vir `n ander keer.) Oor en uit tot volgende week.