Partykeer is ek net verstom dat mense dink die lewe is regverdig… Wel, hy is nie!
Hierdie is my tweede “offisiele” pos… Ek het nog nie `n eerste “offisiele” post nie! (Ek het die ding al geskryf maar nie gepubliseer nie want sowaar ek het gedink my eerste “ofisiele” post gaan definitief ‘n Pendoring prys in palm en my denke was toe so rapsie van die pad af.) Ek lees vol selfvertroue my post aan Eugene:”Mmmmmh daar is so een of twee goeie gedeeltes MAAR.” Ek wou daai MAAR toe sommer êrens opdruk waar die son nie skyn nie. MAAR dis `n storie vir `n ander dag. So nou wonder ek of ek ooit `n “EERSTE OFFISIELE POST” gaan hê? Dalk begin my blog met net `n nommer 2?
Vandag skryf ek oor die regverdigheid van die lewe. (Yup, gaan oor my ervaring so ek is nie ‘n super ster, met `n “glamorous” lewe nie – maar net `n ou boring storie!) Voordat ek daarmee begin sal ek seker eers die agtergrond moet vertel… Ons het gister ons Interlaer Swemgala gehad. Mienke – my oudste moet baie hard werk om êrens in sport te kom, en swem is nou nie rerig een van haar top sport soorte nie. So, gee maar die gewone speech van probeer nou jou beste en blah-blah-blah. Lente is nou weer baie goed in sport – swem is een van hulle. So ons gaan met die verwagting dat sy nie te sleg sal doen nie en hou maar duime vas vir `n plekkie onder die top 3. (Yup, klink nogal verwaand, maar ons swem nou al 6x weke Friendly Friday`s en daar het sy nogal goed gedoen.) Wel, om `n lang storie kort te maak stap Mienke weg met 1x goue medalje en my ou arme Lente het `n dag vol Winter gehad… Ai, die hart van `n ma breek vir ou Lente en dans saam met Mienke. Het Mienke verdien om te wen? Was dit regverdig, dis dan nou nie eers haar gunsteling sport soort nie! En ou Lente wat elke keer gepresteer het wanneer dit nie regtig saak gemaak het nie en wanneer dit saak maak niks nie? (Voor iemand op sy perdjie spring Interlaer is waar jy punte kry, Friendly Friday`s is net vir oefen.) So NEE dis nie regverdig nie. Nou soek jy dadelik `n verskoning vir jou kind: “Ja, MAAR….” Wel, MAAR se gat, hy is mos waar die son nie skyn nie!
Ek maak al vandat my kinders baie klein hulle groot met die idee dat die lewe onregverdig is. That is life. DEAL WITH IT! En ai tog, laat daar nou net by jou mond uitkom dat dit nie “fair” is nie want die maatjie het dit en dat gedoen… My leuse vir die lewe is: MOENIE NA ANDER KYK NIE! KYK NA JOUSELF! SORG DAT JY DIE REGTE DING DOEN. Sodra `n mens na ander mense kyk, kyk jy nie meer op jou eie pad nie en verdwaal dan.
So jaar terug – of dalk bietjie langer het ek net tot die besef gekom dat NIEMAND na jou kind kyk soos jyself nie en weet net die lewe is ONREGVERDIG! Daai dag het ek net besluit ek gaan ophou om my kinders groot te maak vir “failure”. Wat bedoel ek? Moet my kinders in alles suksesvol wees? Ja hulle moet suksesvol wees. Die heel eerste vraag is wat is my definisie van sukses? My definisie van sukses is: ”Ja jy kan! Enige iets is moontlik as jy WIL en hard werk kan jy!” (Of jy nou gewen of verloor het – dit maak nie saak nie. Solank jy net jou BESTE ESTE gegee het. En hoe hanteer jy jou wen of verloor? Hoe voel jy aan jou binne kant?) Nou kom ek gee weer agtergrond op hierdie stelling wat nou op wit en swart is.
Ek was altyd te bang om vir my kinders pront uit te sê:”JY KAN!” (Want lets face it partykeer kan jou kind regtig nie.) En ja – of my kind nou kan of nie dit maak nie saak nie SOLANK sy/hy net WIL! As hulle wil dan sal ek ondersteun hoe en waar ek kan. So ek glo 100% in jou en sê ja jy kan! Maar weet net as jy vir my gesê het jy wil – gaan jy nie in die helfte van die swoeg en sweet sê dis nie meer vir my nie. Jy sal deurdruk en jou beste gee. Trane gaan ook nie maak dat jy nou ewe skielik kan ophou nie – jy het gesê jy wou. So ja, daar is tye wat jy moedeloos gaan word maar druk deur!
Het ek nou al resultate gesien vir hierdie “way out” stelling? Definitief! Ek het in Graad 5 met Mienke gepraat oor haar netbal – vir haar gevra hou sy regtig daarvan? Wil sy eendag provinsiale kleure hê? Dink sy, sy kan? Weet julle toe vra sy vir my of ek dink sy kan? Sonder om daaroor te blik of te bloos het ek dadelik gesê:”Ja sussie jy kan!” Ons het toe `n plan opgestel en het besluit definitief in as sy in Standard 8 (Graad10) is wil sy probeer om haar provinsiale netbal kleure te kry. En raai wat sy gaan Maandag vir Gauteng netbalproewe!!! Ja ek is SOOOOOO trots en sy is SOOOOOO opgewonde. Ons hou al ons duime, tone, ore, oe en wat ook al `n mens nog kan vashou vas! Gaan sy teleurgesteld wees as sy niks kry nie. Wel, ek weet nie want ek dink nou GLAD NIE daaraan nie! Ek loop op haar wolkie van hoop! Ons sal maar (dalkies) trane afvee en definitief weer volgende jaar probeer. (Ai, en nou het ons al weer daai fyn lyntjie van om nederig en nie verwaand te wees nie – so daai lessie het ons al geleer, maar soms moet jy jouself net onthou van daai lessies wat jy al geleer het – want `n mens vergeet tog so gou.)
Wel, hierdie was my tweede “OFFISIELE” post. Verwag nou glad nie `n Pendoring vir hierdie een nie en het hom maar vir niemand gelees nie – net-nou publiseer ek hierdie 1 ook nie. En blogs gaan mos oor wat ek dink.
So ja dis my 2-cent vir die naweek! Oor en uit en `n heerlike naweek vir julle!!