Goeie naand mense. Vir die wat my nie ken nie ek is Kroukamp, om meer spesifiek te wees Mienke Kroukamp. Ek hou van skryf en praat. Ek’t al baie mense in my leeftyd ontmoet en dis veilig om te sê dat tussen al die mense wat ek al ontmoet het, daar sommige mense is wat dink ek praat nonsens, en dan is daar mense wat ek nog nie ontmoet het nie.
Ek is nog nie lank genoeg op die aarde om ou mens wyse raad uit te deel nie, maar ek’t n hele paar stories om te vertel en nog n hele paar jaar (as die Here wil) om meer te maak.
So daar sal defnintief iewerste ‘n storie wees wat ek vertel wat heel moontlik snaaks gaan wees, en daar sal definetief iewerste ‘n storie wees wat n seer maar nodige les in het wat ek moes leer, en dalk sien jy tussen die snye en skrape n wyse deentjie wat gesing word. En ek nooi jou uit om hom saam my te fluit.
