As ek aan mini-netbal dink voel ek sommer of ek wil kots of nee dalk `n dolk deur my hart! Yup, ek is een van DAAI ma`s. Wel, ek is nie net `n ma nie maar ook `n gekwalifiseerde juffrou (Het daai simple papiertjie waarop staan dat ek `n bEd-Graad het. So papiertjie maak mos dat mense makliker na jou luister – want ek weet mos waarvan ek praat Hoekom ek dit simpel noem is `n storie vir `n ander dag.) Ek wil eers praat oor hoekom mini-netbal my grief!
Vra maar vir enige Graad 1 juffrou dit is vir haar baie beter om `n kind te kry wat GLAD NIE kan skryf of lees nie – dan kan sy hulle op die REGTE manier leer en nie sukkel om die slegte manier van verkeerde lettervorming af te leer nie. Dit is hoekom ek mini-netbal haat WANT `n voetfout hier, hantering daar en nog so bietjie onkant is oraait SOLANK die kind dit net geniet! (Urgh….. ) Kom in Graad 4 en krokediltrane word gehuil.
Kom ek begin by my storie/ervaring….. (Yup, ek gaan haal gewoonlik eers die bobbejaan agter die berg voordat ek tot die punt kom….. hierdie bobbejaan nogal ver – so as jy nie van stories en netbal hou nie gaan hierdie jou sekerlik verveel.) Toe Mienke in Graad 1 gekom het, het haar vorige skool net voorsiening gemaak vir 4x spanne. Mmmmh, en toe is daar genoeg dogtertjies vir 7x spanne. Gewoonlik het daai dogtertjies verlore geraak vir netbal. (Ja, ja daar was 1xkeer `n week `n akademie vir hulle gewees MAAR dit het nie iets met die skool te doen gehad nie en daar was nie offisiele wedstryde teen ander skole vir hulle gereel nie. So blah-blah-blah – hulle HET verlore geraak!) Wel, ek was in trane vir daai kinders. (Mienke was 1 van die gelukkiges en was darem gekies vir die 3de span.Nou nie dat sy enigsins die bal beter kon gevang het as die 21x dogtertjies wat dit NIE gemaak het NIE.) My ou ma hart was gebreek vir die kinders wat dit nie gemaak het nie NOTA: Die enigste rede wat hulle dit nie gemaak het nie was omdat daar net te veel kinders was en NIE omdat die ander kinders – my Mienke ingesluit beter was nie. So dit was net BAD LUCK vir daai 21x dogtertjies gewees. Wel, toe tree my juffrou hart in en ek wou die kinders red. Ek het dadelik my dienste aangebied en dankie tog dit is aanvaar. (Dink die trane het so bietjie gehelp )
Hier sit ek nou met 21x dogtertjies….. geen netbal baan en darem my eie los staande netbalpaal – wat soos `n mal ding van die 1x kant van die baan na ander kant van die netbalbaan verskuif word – soos die bal verskuif word. O, ja en dan is daar nog `n klomp ouers langs die kantlyn wat brom omdat hulle kinders nie span gekry het nie. (Net `n tip vir nuwe onderwysers – as ouers so langs die baan staan en brom haak hulle nader om jou te help balle gooi. Gee vir hulle werk! Ek het so die 1ste 2x oefeninge hulp gehad – daarna het die meeste van die ouers verdwyn tot my spyt want dit is VREK moeilik om 21x dogtertjies te beheer.) Onthou in die gewone wêreld kry onderwysers NET 7x dogtertjies. Ek het toue gevat en `n “netbalbaan” op gras getrek en toe begin……..
Nou as ek dan mini-netbal soooooo HAAT hoekom my dienste aanbied? My dogtertjie het mos span gekry? Wel, hier is dit wat mense nie verstaan nie as netbal en kinders jou passie is kan jy dit net nie help nie. As jy weer sien rig jy 21x dogtertjies af. Omdat netbal my passie is, is dit vir my baie belangrik dat die kinders van die begin af reg geleer word DUS kry ek jou nie jammer nie en ek lyk soos hierdie wreedaardige juffrou wat net GEEN genade het nie. Yup – ek het GEEN genade nie!! As jy wil kom netbal oefen is daar nie tyd vir moeg nie, daar is nie tyd vir warm nie, daar is nie tyd vir sweet nie daar is tyd vir harde werk, netbal en darem so bietjie water drink ;). So, ek was nogal heel kwaai met die kinders – veral die wat nie rerig daar wou wees nie. (Jy kom dit nogal vinnig agter as hulle in die helfte van `n wedstryd `n hand stand maak….) Daar is maatjies wat regtig egtig wil speel en baie hartseer was omdat hulle nie span gekry het nie – met jou wil ek werk. Vir jou wil ek wys as jy hard werk en uithou sal jy definitief die vrugte pluk! (En van daai kinders wat by my gespeel het is nou in Graad 6 in die A & B spanne. (Yup, ek brag en blaas my eie beul )
Vir my is die heel belangrikste van enige sport die manier oor hoe jy jouself gedra op die sportveld – so die fisiese vaardigheid is nie so belangrik soos die emosionele vaardigheid nie ASOOK die WIL om netbal te speel. (Ek werk eerder met `n kind wat nie `n bal kan raak vang nie – maar sy WIL as `n kind wat weet sy is goed en dit nie belangrik genoeg ag om by ELKE oefening te wees nie! So hier het ek ook `n reel gehad as jy nie kom oefen nie het jy nie gespeel nie of jy nou die beste was of nie. Netbal is `n spansport.)
Nou moet ons ook nie doekies om draai nie. Hoekom beoefen `n mens sport? (Lekker….. oefening…… geniet ……blah-blah-blah) Ek beoefen sport om die BESTE te wees om te WEN! Hoe kan ek dit net so sê? Ek plaas te veel druk op my kind! Dit is definitief NIE die waarheid NIE. Hoe so? Kom ek gebruik weer vir Mienke as voorbeeld. In haar vorige skool het hulle die HELE seisoen omtrent net 2 wedstryde gewen. (Ek oordryf nie – ek het actually statestieke geneem…..) Dink julle netbal was later lekker? Wat help dit om te oefen, ons gaan net weer verloor. Is daai spesifieke span nou slegte verloorders? (Dink dis debateerbaar…… Wat dink julle?) As ek ELKE keer verloor en nie êrens kom nie wragtig dan hou ek maar eerder op. En hier is waar mini-netbal my so grief die afgesaagde sinnetjie:” Solank hulle dit net geniet.” (Draai maar dolk – want dis NIE hoekom ek netbal afgerig het NIE. Ek het netbal afgerig om jou die BESTE te maak te sorg dat jy die REGTE vaardighede het. Ja, somtyds was my verwagtinge hoog MAAR daai hoe verwagtinge is BAIE KEER bereik. Ek het netbal afgerig om jou te leer HOE om jou verloor te hanteer en HOE om jou wen te hanteer.)
So nou het ek nog nie by my stelling gekom oor hoekom ek mini-netbal HAAT nie. (En dankie tog ons trek by ons laaste jaar van mini-netbal!)
- Die kinders word jammer gekry. As jy `n fout maak – al maak jy dit 10xkeer oor word daar nie vir jou geblaas nie – want aag shame…… (Ek kan jou waarborg as jy daai kind [omtrent] elke keer blaas gaan sy soooooo frustreerd wees by die 10de keer want sy wil soooooo graag die bal gooi dat sy die 11de keer NIE `n voetfout gaan maak NIE.)
- Daar word nie telling gehou nie en WEN en VERLOOR is nie belangrik nie. (Hoe gaan ek my kind OOIT leer hoe om daai emosie van teleurstelling te hanteer? Nou kom sy in Graad 4 en moet nou ewe skielik haar emosies kan hanteer?)
- Baie sielkundiges sê `n mens moet kompetisie uithaal. Dit is sommer `n pot snot!! As ons as gesin `n bordspelletjie speel en niemand wen nie… Wat is die punt? Dis mos lekker. Die hele lewe is `n kompetisie en dit is my werk as ouer om te sorg dat my kinders gebalanseerd is so dit beteken dat ek my kinders leer om BLY te wees vir die een wat gewen het, en dan meer gemotiveerd om volgende keer beter te doen! Staan op, vee die stof af en kyk Noord.
- Ek dink net in vandag se tyd probeer ons so hard om ons arme bloedjies se gevoelens te spaar. Almal kry `n madalje, wen maak nie saak nie SOLANK jy dit net geniet. Die regte lewe daar buite is nie so nie! Daar word jy vir die haaie gegooi en hoe vinniger ek vir my kind kan leer dat die lewe nie vir sissies is nie hoe beter. Hoe vinniger my kinders besef as jy nie hard werk nie gaan jy nêrens kom nie En deur harde werk is ENIGE IETS moontlik!
Ek voel net regtig sterk – as jy aan `n sport deelneem en 1 van jou doelwitte is nie om te wen nie – is sport regtig nie vir jou nie. Lets face it dit is darem lekker om te wen! Ek sluit af met Jenna-lee Delport (Mienke het by haar kursusse gedoen en daar het ons resultate gekry – sy het A-span gekry en soos van julle seker weet is ons al 1 trappie nader met distriksproewe. Ons loop nog op ons wolkie van hoop) se woorde:” “Disciplined repetition is the refining fire by which talent becomes great ability.”

